Redakteurs: Renier du Toit en Ronnie Claassen 1 Valskermbataljon is een van die bekendste weermagseenhede in Suid-Afrika. Die bekende maroen baret en die vlerkies met die valskerm op die bors van hierdie soldate, het aan hulle ’n onderskeibare identiteit en status verleen. Rooiplaas, die opleidingsterrein in Bloemfontein vir honderde valskermsoldate, het ’n ryke geskiedenis. In 1960 is die eerste Suid-Afrikaanse soldate in die verenigde Koninkryk as valskermspringers opgelei. Op 1 April 1961 is die eerste valskermeenheid in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Weermag en van die Unie van Suid-Afrika in die lewe geroep. Rooiplaas sou ’n deurslaggewende rol speel in die opleiding van valskermsoldate en valskermpakkers vir die Weermag. Die valskermsoldate, of “parabats” in die volksmond, sou ook ’n beduidende rol in die Grensoorlog speel. Soos in die geval met enige ander militêre opleidingsentrum, kon die sukses van 1 Valskermbataljon as opleidingsentrum vir valskermspring eers bepaal word nadat dit as eenheid of as deel van ’n vegtroep aan militêre operasies van die SAW deelgeneem het. Sedert die stigting van die eenheid in 1961 is baie SAW-operasies, sommige minder belangrik en suksesvol as ander, onderneem. 1 Valskermbataljon het in alle operasionele gebiede en tipe operasies van die SAW deelgeneem. Die soldate van hierdie spogeenheid was by ’n paar geleenthede die eerste Suid-Afrikaanse soldate op die toneel of die soldate wat die operasie uitgevoer het. Rooiplaas is die aangewese boek vir enigiemand wat belangstel in avontuur en die verhaal van die rol van 1 Valskermbataljon in die jongste militêre geskiedenis van Suid-Afrika. VERKOOPSPRYS R 235 BLADSYE 288 FORMAAT 222mm x 152mm ISBN 978-1-920654-70-2 PUBLIKASIE DATUM November 2014 KLASSIFIKASIE Millitêre Geskiedenis Bron: www.naledibooks.co.za

Comments are closed.

Categories
Bookmarks
Content Protected Using Blog Protector By: PcDrome.